top of page

Tony Holtzhausen

Kommunikasie

Met bediening kommunikasie, skakel NG gemeente Gansbaai met ons gemeentelede, ons inwoners, ander gemeentes en alle belangstellendes wêreldwyd.

Deur ons webblad, met sy aanlyn dokumente, vergemaklik ons ook die bereikbaarheid van ons kerkkantoor rakende dokumentasie en inligting. Vorms kan hier aanlyn ingevul word en aan die kantoor gestuur word. Kontak besonderhede van alle afdelings, soos kerkraad, wyks kerkraad, diensure, jaarlikse almanak, gebeure, ens. is ook hier beskikbaar. Die bediening skakel in by Facebook, ons weeklikse bulletin, en Sondagdiens skyfies, om ons gemeente op hoogte te hou van daaglikse gebeure in en om die kerk.

Almal kan aansluit by ons Webblad en Facebook, sowel as YouTube, en so op hoogte bly met alle inligting wat gelaai word, preke, ens.

Moedig ook u vriende en meer aan om te deel in die middele, en om aan te sluit daarby. So kan ons die gemeente se beeld poets in ons gemeenskap en in die buitewêreld.

Enigeen is welkom om ons te kontak met inligting wat 'n aanwins sal wees vir al die platforms.

082 801 5742

Tony Holtzhausen
bottom of page