top of page

Francia van Dyk

Barmhartigheid

Op maatskaplike vlak werk ons ten nouste saam met Badisa en verleen hulp op verskeie terreine, bv sopkombuis, fondsinsamelings.

Ons ondersteun ook ons plaaslike kliniek, bv. met toiletsakkies.

Binne ons gemeentegrense bied ons verligting met klere, beddegoed, kospakkies en tree soms toe met finansiële bystand.

Ook ons skoolgaande presteerders word waar nodig bygestaan.

Dan is daar ook bystand in emosionele nood.

Hulp by begrafnisse, ’n tee vir die enkellopendes, sorg aan bejaardes en hulle in rou.

Dan bied ons ook substansiële hulp aan ons plaaslike tehuis vir Bejaardes, Herberg-aan-See, deur die Goue Hande.

Ons help om n verskil te maak.

082 551 3613

Francia van Dyk
bottom of page