top of page

Floors Avenant

Missionale Bediening

Lidmate word genooi om hul roepings saam met ons te kom uitleef. Daar is talle projekte waarby ons gemeente betrokke is wat u by kan inskakel. Indien u reeds 'n bediening het waarby u betrokke is, is u ook welkom om te kom aansluit en saam met ons te bid, dink en droom oor hoe die Here in en om ons in die wêreld beweeg. Ons gemeente is tans op 'n verskeidenheid van maniere betrokke by die volgende organisasies, projekte en gemeentes:Plaasbediening (Baardsskeerdersbos) - Eredienste, kategese en plaasbesoeke word hier gedoen. Silwerjare/Oak Grove (Blompark) - Ons is op 'n verskeidenheid maniere betrokke by hierdie te huise.Okkie Smuts (Stanford) - Okkie Smuts versorg weekliks 'n verskeidenheid van behoeftige skoolgaande kinders. Ons gemeente streef om te help met soveel as moontlik van die behoeftes wat by die koshuis opduik.  Huis Ester (Robertson) - Ons loop reeds 'n lang pad saam met Huis E en ons poog saam met 'n verskeidenheid van ander gemeentes om hierdie kinders te wys dat hul geliefd is. Makhathini (KZN) - Oor baiejare heen stap ons gemeente 'n pad met die gemeente en evangelis in Makhathini. Daar was al selfs verskeie besoeke deur ons lidmate. Thailand/Myanmar - Ons ondersteun 'n sendeling.Pakistan - Deur Dr Joubert wat aanlyn teologiese klasse aangebied het vir studente in Pakistan het ons gemeente 'n gebedsband opgebou met die VGK kerk van Pakistan. Pastorale ondersteuning Gansbaai SAPD - Van ons lidmate doen weekliks besoek aan ons plaaslike polisie en doen vir hul voorbidding en bring bemoedigende boodskappe. Gansbaai Polisieforum - Hier poog ons as gemeente om ook ons verantwoordelikheid ernstig op te neem in die beveiliging van ons gemeenskap. Gansbaai Gemeenskapsnetwerk - UIt ons gemeente het hierdie netwerk ontstaan waar ons streef daarna om brugbouers te wees tussen die verskeidenheid van kerke en instansies in ons dorp.  Gansbaai Vissermansdienste - As tradisionele vissersgemeenskap is ons jaarlikse vissermansdienste vir ons 'n groot hoogtepunt. Aan die einde van elke seisoen hou ons 'n dankdiens vir die gemeenskap se vissers en dan ook 'n verootmoedigingsdiens wat die nuwe seisoen weer open. 

082 820 8966

Floors Avenant
bottom of page