top of page

Fanie Bothma

Entrepeneurskap

Ons ondersteun die NG Gemeente, Gansbaai sodat die opdragte van Christus aan Sy kerk uitgevoer kan word deur die nodige hulpbronne te help beplan en organiseer.

 

Bediening Entrepreneurs beplan en organiseer projekte om die gemeentes se finansies te versterk en ‘n groter betrokkenheid van lidmate te bewerkstellig.

Ons bestaan uit vrywilligers wat projekte inisieër en bestuur. Elke projek het ‘n leier en kan mense betrek in die uitvoering daarvan.

Voorbeelde van projekte is die Galjoen kompetisie, Gholfdag, Optredes deur kunstenaars, Vrydagverkope, Lewensregeenhede, Operasie uitreik en andere. Nuwe projekte word gereeld bespreek en evalueer vir die lewensvatbaarheid daarvan. Voorstelle vir enige nuwe projekte sal baie waardeer word en kan aan die voorsitter deurgegee word.

Die lede van die bediening kom gereeld saam om te beplan en rapporteer hulle werksaamhede aan die kerkraad vir kennisname en goedkeuring waar benodig.

 

083 296 2676

Fanie Bothma
bottom of page