top of page

Elcine Hulme

Gasvryheidsbediening

Elke persoon in die gemeente se gawes en talente kan op 'n besonderse wyse tot eer van die Here aangewend word.

Hierdie bediening bied die geleentheid om nie net vriende te maak en lekker saam te werk nie, maar ook om vir mekaar om te gee, mekaar te bemoedig en in mekaar se lief en leed te deel.

Daar lê 'n nuwe jaar voor en ons nooi julle uit om by 'n passievolle groep te kom aansluit.

Die bediening se werksaamhede sluit die volgende in:

Verwelkomingsgeleenthede,

uitreik na mense in nood,

beskermingsdienste,

gesondheidsdienste,

belydenisaflegging,

Wêreldbiddag vir vroue,

Pinksterweek en - maal,

gesamentlike diens met VGK Blompark,

gesellige geleenthede waar kunstenaars optree,

leerlinge voorspoed toewens met hul eksamens en help met die reël van die feesnaweek van die gemeente.

Hierdie is maar net enkele voorbeelde waarby ons betrokke kan raak.

082 564 1959

Elcine Hulme
bottom of page