top of page

Asanti Smit

Bediening Musiek

Ons elkeen het ons unieke manier waarop ons die naaste aan ons Skepper voel ~ musiek is 1 daarvan waar ons werklik die Here kan prys, aanbid, lof bring en Sy hart en leiding kan ervaar vir ons.  Ps 150 is waaroor ons Musiekbediening gaan, om Hom te prys met alles in ons en met alles waarmee ons kan!  Soos in die Psalm, met instrumente, sang, koordanse.  Almal wat betrokke wil raak hierin om by te dra tot die uitbou van sy Koninkryk, is hartlik welkom!  Ons oefen weekliks Dinsdae / Woensdae tussen 16h en 17h (skakel direk vooraf met Asanti vir reëlings) en wil graag hierdie jaar o.a. paar nuwe liedere aanleer.  Dit sal heerlik wees as ons 'n groepie kinders het wat ook kan inskakel hierby en op verskillende Sondae/geleenthede kan deelneem.  Jy hoef nie 'n instrument meesterlik te kan speel of sang-opleiding te hê nie!  Ons musiek/liedere wissel van baie basiese tot meer uiteenlopende hanterings ~ elkeen bring iets spesiaal na die span met hul unieke manier, klank, stem, instrument, styl, ens.  Ons is opgewonde oor musiek vir Hom!

 

082 972 8437

Asanti Smit
bottom of page