80ste Bestaansjaar
Feesweek 17 - 24 November 2024
Sondag 17 November 2024 17:00 Jeugkerssangdiens
Kom geniet ons Jeugkerssangdiens saam met ons jeug! Dit beloof om 'n onvergeetlike aand te wees, propvol sang en musiek wat jou hart aanraak. Sluit aan by ons vir 'n aand van vreugde saamwees. Kan nie wag om jou daar te sien nie!
Dinsdag 19 November 2024
18:30 Gansbaai "maak 'n las".
Sluit aan by ons eie Gansbaai "maak 'n las" vir onvergeetlike aand gevul met stories en dinge van ons area, van toeka tot nou. Alles saam gevoeg met heerlike " fish & chips ". Bring jou vriende en familie saam.
Donderdag 21 November 2024
18:00 Klassiekeaand met musiek en wyn.
Ligte klassieke-aand met musiek opvoerings deur verskeie musikante. Die aand word aangevul deur 'n heerlike kaas en wyn ete. (Bring eie wyn saam.)
Saterdag 23 November 2024
10:00 Gemeenteontbyt
Geniet 'n onvergeetlike ontbyt saam met ons eie Ds. Willie en Ds. Hanri. Dit is jou kans om te eet soos 'n predikant en te deel in 'n unieke ervaring. Moet dit nie misloop nie – dit is eenvoudig 'n moet!
Maandag 18 November 2024
10:00 Bustoer
Bustoer gevul met die ryk geskiedenis van ons pragtige area. Ons begin by die NG Kerk na De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal, Uilenkraalsmond, en eindig in Baardskeerdersbos.
Woensdag 20 November 2024
10:00 Bustoer
Herhaling van bustoer gevul met die ryk geskiedenis van ons pragtige area. Ons begin by die NG Kerk na De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal, Uilenkraalsmond, en eindig in Baardskeerdersbos.
Vrydag 22 November 2024
09:00 Vrydagmark met outydse tema.
Kom sluit aan by ons gewilde Vrydagmarkie met 'n opwindende "twist"! Ons nooi almal uit om in outydse kleredrag op te daag en die dag saam met ons te geniet. Geniet lewendige musiek van die Strandveld boereorkes terwyl jy die mark verken. Dit belowe om 'n onvergeetlike ervaring te wees!
Sondag 24 November 2024
09:00 Erediens
18:00 Kerssangdiens
Welkom by die erediens gely deur ds. NJ van As, wat vir ons die boodskap bring. Moet nie vergeet om 18:00 by ons in die kerk vir ons jaarlikse Kerssangdiens aan te sluit nie, onder leiding van Mev. Linette Jansen van Rensburg. Kom geniet die spesiale geleenthede saam met ons!