top of page

Sondag Erediens - Agter die skerms

Weens die internet probleem Sondag 18 Augustus was daar nie 'n direkte uitsending van die erediens nie. Bediening kommunikasie het besluit om in plek, 'n vinnige flits en beskrywing, vir julle te wys wat Sondae gebeur tydens 'n erediens.


Na maande se opstel en ook 'n leer proses, is ons mediakamer nou ingerig onder die trappe wat lei na die gallery. So die opstel van al die apparaat elke sondag agter in die kerk is nou vir altyd weg en uit die oog. Met twee 4K PTZ kameras wat 360 grade kan ronddraai, op en af kan kyk, en natuurlik zoom tot op 'n naald grote, en beheer word vanaf die mediakamer, neem ons dan die video op vir die uitsending. Die klank word afsonderlik met twee mikrofone opgeneem, een vir die prediker en 'n spesiale mikrofoon vir die sang en begeleiding. Terselfde tyd word die erediens direk uitgestuur aan Herberg aan See.


Gedurende die week voor die erediens, word daar verwerking van inligting gedoen wat dan gedurende die erediens by die video gevoeg word sodat die kyker die volle gevoel van erediens bywoning kan ervaar. Dit sluit in, inleiding, titels, datums, afkondigings, voorsang, preek materiaal, ens, ens.


Na afloop van die erediens word die direkte uitsending wat aan Herberg aan See uitgestuur was, gedurende die erediens, verwerk en dan op ons webblad en Facebookblad geplaas vir die wye publiek om na te kyk.



23 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page