Belangstellendes word genooi om aansoeke in te stuur vir die pos as Data en klank operateur tydens ons informele eredienste.
Verantwoordelikhede sluit onder andere in:
Die opstel en behartiging van die powerpoint en klank tydens weeklike eredienste.
Basiese kennis van PPT en klanktoerusting dus nodig. Hanteer Gesins– en Jeugkerssangdiens in samewerking met musiek begeleier. Hantering van klankstelsel tydens buitefunksies teen ekstra vergoeding.
Persoon moet lidmaat wees van die gemeente.
Toegang tot eie rekenaar met internet is belangrik.
Volle posbeskrywing sal tydens onderhouds-proses gekommunikeer word.
Aansoeke sluit 6 Sept. 2024 CV’s kan ge-epos word na ngkgansbaai1@gmail.com of by die kerkkantoor afgegee word.
Comentarios