top of page

Gesamentlike Erediens - 30 Junie 2024 VGK Blompark Afskeidspreek van Ds. Dirk van Dyk

Op Sondag, 30 Junie 2024 om 10:00, vind ons volgende gesamentlike erediens in ons VG Kerk Blompark plaas. NB: Daar sal dan geen dienste in ons Gansbaai NG  Kerk, of in die Pretoriussaal aangebied word nie. Betrokke vriende, lidmate en gesinne van die NG Kerk word deur ons saamgevoegde Gemeentekerkraad opgeroep om dan daar in te skakel.Ons kore tree op. Ds Van Dyk is die prediker en die Nagmaal word bedien. Daar word dan ook paslik van Ds Dirk en Mev Marina van Dyk afskeid geneem. Ds Dirk was vir 16 jaar in 'n  samewerkingsooreenkoms tussen die Gansbaai NG- en VG Kerke en later spesifiek in die VG Kerk op beperkte termyn kontrak, in aktiewe diens . Hy tree nou finaal uit.

 

Ds Dirk en Mev Marina van Dyk

104 views0 comments

Comentarios

Obtuvo 0 de 5 estrellas.
Aún no hay calificaciones

Agrega una calificación
bottom of page