Dit was 'n baie lekker gesellige oggend saam met ons BietouDames, wat eenmaal 'n maand bymekaar kom. Daar is gereeld sprekers met 'n verskeidenheid van interessante onderwerpe wat ons dames toespreek en inlig. Cora is ook elke maand teenwoordig met 'n uitstalling van haar pragtige klere reeks, of ons speel sommer Bingo, soos vandag.
Die BietouDames is ook jaarliks verantwoordelik vir die poedingtafel, by Herberg aan See se basaar. Daar is ook elke jaar 'n omgee projek, waar handwerk gedoen en versprei word onder die Herberg aan See inwoners. Vanjaar maak ons Voorlappies, wat Augustus uitgegee gaan word.
Oor vanoggend kan ons net sê "dit was 'n groot sukses". Almal het weereens goed saamgewerk, en uiters lekker gekuier.
Alle dames word genooi om by die vriendelike groep aan te sluit.
Comments