top of page

Bediening Missionaal

Robertson Herberg Kinderhuis:

Gansbaai NG Kerk is verbind aan Huis E se 14 dogters.

Saterdag, 2 Maart het die taakgroep vir Huis E deelgeneem aan die groter kinderhuisba-

saar met opdrag: Kleinkoekies! Daar is hard gewerk, gebak gebrou en deurgery om uitvoering te gee... Groot was die verrassing toe Riversdal NG Kerk ook opdaag met predikant, 10 jongmense en 'n paneelwa vol koekies...dit het die gees, maar ook die aanbieding laat piek. Oor die R18, 000 is so ingesamel.Almal getuig van dankbaarheid.

Ons verteenwoordigers het ook persoonlike en nommerpas geskenkies vir elke Huis E kind agtergelaat. Dít weer, het gelei tot groot dankbaarheid en 'n pakkie persoonlik-

geskrewe briefies aan die Gansbaai tannies.

Dit maak al die harde werk méér as die moeite werd. So is grense oorgesteek en meegewerk aan die skep van hoop, asook 'n toekoms vir kinders sonder eie funksio-

nele gesinne.


Skrywer Ds. Floors Avenant - Leier Bediening Missionaal



48 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários

Avaliado com 0 de 5 estrelas.
Ainda sem avaliações

Adicione uma avaliação
bottom of page