top of page

ONS GEMEENTE

Gansbaai  NGK  is geleë in die Overberg langs die  beeldskone Walkerbaai  kuslyn.  Die kerkgebou  is geleë in die middel van die dorp.  Die kerk is alreeds vir  meer as 80 jaar ‘n hawe van God se genade vir lidmate, besoekers, vreemdelinge, en noodlydendes.  Tans  het die kerk 2100 belydende lidmate en 230 dooplidmate. Die gemeente is verdeel in die volgende 6 streke: De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal, Pearly Beach en Baardskeerders Bos .  Die NGK en die VGK Blompark is alreeds vir ‘n geruime tyd  in ‘n geseënde samewerkingsverhouding.

MISSIE & STRATEGIESE DOELWITTE

Ons wil deur God se genade en in afhanklikheid van Hom ‘n gemeente wees wat ‘n verskil sal maak in die samelewing deur;

     Te leef en te werk in die krag van die Heilige Gees.

Meer soos Christus; Groei;  Toewyding; Gebed; Gehoorsaamheid; Volharding; Verheerliking; Dankbaarheid.

    Omdat God vir ons omgee, met sorg  om te gee vir mekaar, ons gemeenskap en die wêreld.            

 Liefde en respek;  Opregtheid; Goeie menseverhoudinge; Opheffing; Eensgesindheid; Gesonde  kommunikasie

   Te leef en getuig dat God liefde is. 

God is liefde; Afhanklikheid; Geloof; Getuig; Gehoorsaamheid; Dissipelskap;  Naasteliefde;  Woordverkondiging; 

   Met liefde diensbaar te wees deur nie net in die ‘hawe” te bly nie, maar uit te vaar na “vreemde waters” en ook ons “nette” daar uit te gooi.       

Evangelisasie; Betrokkenheid;  Voorbidding;  Noodverligting; Versoening.

                    Soli deo Gloria

bottom of page